Beurtkrag: Fase een tot Vrydag, dan twee en so aan

Eskom sê fase een-beurtkrag sal tot Vrydag in die buurland van vyfuur soggens tot vier in die middag van toepassing wees, met fase twee van vieruur in die middag tot vyfuur die volgende oggend. Die kragvoorsiener se woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, sê die toename in beurtkrag is hoofsaaklik te wyte aan die behoefte om noodopwekkingsreserwes te beskerm. Hy sê die ander rede is die vertraging met die heringebruikneming van vier opwekkingseenhede, terwyl verskeie werkende eenhede as gevolg van tegniese foute teen verlaagde kapasiteit funksioneer: