Plaaslike reaksie op daling in vervoerkoste in SA

Die Namibiese Logistieke-Vereniging het gereageer op berigte uit Suid-Afrika dat die daling in die prys van diesel vervoerpryse sal laat daal en wel sal deurvloei na logistieke voorsieningskettings. Terwyl brandstof steeds meer as 30 persent duurder is vergeleke met die tyd verlede jaar, behoort daar wel effe verligting in die vooruitsig te wees. Harald Schmidt van die vereniging het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.