Amper N$2m vir Whk se landbou-program

Stad Windhoek het onlangs 1,92 miljoen Namibiese dollar van die Verenigde Nasies se ontwikkelingsprogram ontvang om landbouprodukte van Farm Okukuna, die stad se stedelike landbouprojek, te ontwikkel en te bevorder. Farm Okukuna is geleë in die informele nedersettingsgebied van die Goreangabdam, waar die projek ten doel het om voedselonsekerheid en werkloosheid onder die stad se benadeelde en kwesbare gemeenskappe aan te spreek, insluitend die jeug, vroue, mense met gestremdhede en haweloses. Lydia Amutenya, woordvoerder van Stad Windhoek het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.