Kim is te maer, Koreane is bekommerd


Die Noord-Koreaanse leier, Kim Jong-un, se onlangse gewigsverlies het blykbaar die hoofstad, Pjongjang, se inwoners baie bekommerd gelaat. Staatstelevisie het ‘n onderhoud uitgesaai met ‘n man wat sê Kim se uitgeteerde voorkoms het hom in trane gehad. Daar is geen amptelike woord geuiter oor sy gesondheid of voorkoms nie omdat die land se leiers bekend is vir hulle vervolgingswaan oor ‘n moontlike regeringsverandering. Toe Kim se pa en voorganger, Kim Jong-il, in 2011 aan ‘n hartaanval dood is, het die staatsmedia dit toegeskryf aan uitputting omdat hy sy lewe aan sy mense gewy het.