Amper kwart van SA huishoudings leef van toelaes
Die jongste algemene huishoudelike opname van Statistieke Suid-Afrika het onthul 23-persent van die land se huishoudings maak op maatskaplike toelaes staat as hulle hoofbron van inkomste. Dis ʼn toename van 20-persent sedert 2019. Statistikus-generaal Risenga Maluleke sê die Covid-19 Ters-toelaag dra by tot die toename in maatskaplike toelaes. Die opname toon ook 83-persent huishoudings in metropolitaanse gebiede, veral Kaapstad en Johannesburg, leef in formele behuising terwyl 16-persent in informele nedersettings bly.