Amnestie: as jou wapen in misdaad gebruik is, word jy vervolg

Die hoof van die Namibiese polisie luitenant-generaal Sebastian Ndeitunga het ‘n ommekeer gemaak oor die vuurwapen-amnestie wat pas ten einde geloop het. Daar was voorheen aangekondig dat geen persoon wat ‘n onwettige of ongelisensieerde vuurwapen inhandig, vervolg sal word nie. Volgens Ndeitunga is dit nie korrek nie en enige persoon wat ‘n vuurwapen ingehandig het wat tydens ‘n misdaad gebruik is, vervolg sal word. Die mag se woordvoerder Kauna Shikwambi het aan die media gesê dat Ndeitunga nie die nasie mislei het nie en dat misdadigers vervolg moet word. Dit is nie bekend of enige wapen reeds geïdentifiseer is as een wat tydens ‘n misdaad gebruik is of nie. Shikwambi sê daar word ondersoek ingestel.