Vryhandel-ooreenkoms tussen Brittanje, Nieu-Seeland

Die Verenigde Koninkryk het ‘n baanbreker vryhandel-ooreenkoms net Nieu-Seeland gesluit. Die ooreenkoms gaan burokratiese rompslomp vir sakeondernemings verminder, tariewe op Britse uitvoere uitskakel, en nuwe geleenthede vir tegnologie- en dienstemaatskappye skep. Dit sal ook makliker wees vir beroepslui in Brittanje om in Nieu-Seeland te leef en te werk. Tariewe van so hoog as 10 persent gaan opgehef word op ‘n wye reeks Britse goedere. Die eerste minister van Nieu-Seeland, Jacinda Ardern, sê die ooreenkoms is goed vir die ekonomie, sakeondernemings en burgers van albei lande: