Amerikaners betree Oranje-bekken 

Die Amerikaanse olie-reus Chevron het ‘n aansoek by die omgewingsministerie ingedien vir ‘n omgewingsklaringsertifikaat vir olie- en gaseksplorasiewerk in PEL 90 in die Oranje-bekken aflandig aan die Namibiese kus. Die sertifikaat sal voorsiening maak vir die boor van tot vyf putte en vyf evalueringsputte wat in die vierde kwartaal van 2024 begin op Blok 2813B wat deur PEL 90 beheer word. Sintana Energy sê Sintana, deur sy belegging in InterOil, hou ‘n 49 persent indirekte belang in Trago Energy, ‘n 10 persent werkende eienaar in PEL 90. In Oktober verlede jaar het Chevron Namibia Exploration ‘n transaksie met Trago Energy gesluit vir ‘n 80 persent belang in die lisensie wat 5 433 vierkante kilometer dek in waterdieptes van 2 300 tot 3 300 meter.