Koste van kankerbehandeling beperk voldoende ingryping

Nes met talle ander elemente van die moderne lewe, is dit net geskied vir diegene met voldoende fondse. Die koste van gespesialiseerde mediese behandelings is reeds hemelhoog en met kanker wat algemeen voorkom, is die behandeling tans in die soeklig. Kosmos 94.1 Nuus het met die uitvoerende hoof van die Namibiese Kankervereniging gepraat oor hoe behandeling vir staat- en privaatpasiënte plaaslik hanteer word.

Behandelings soos stamsel-terapie kan uiters doeltreffend wees maar, die koste vir een behandeling kan tussen 250 000 en 500 000 Namibiese dollar kos. Dit is ook nie plaaslik beskikbaar nie. Hansen sê die behandeling is buite die bereik van veral staatspasiënte.