Vermeende moordenaar van prokureur vasgetrek

‘n Verdagte sal na verwagting vandag in die Atteridgeville-landdroshof in Tshwane verskyn ná die moord op ‘n 50-jarige prokureur. Die polisiewoordvoerder, Mavela Masondo, sê twee mans het na bewering in ‘n straat in Laudium met mekaar gepraat, toe die 48-jarige verdagte skielik ‘n vuurwapen uitgepluk en die prokureur geskiet het.