Amerikaanse peuter loop in woonstelblok in ‘n doek met ‘n gelaaide pistool rond
‘n Man van Indiana in die VSA is in hegtenis geneem nadat sy vier-jarige seun op geslotekring televisie vasgevang waar hy buite sy woonstel in die gange loop met ‘n gelaaide Smith & Wesson pistool. Die kind, wat net ‘n doek aangehad het, het herhaaldelik die sneller getrek – die pistool was nie oorgehaal nie maar daar was 15 rondtes in die magasyn. Toe die polisie by die woonstel aankom, was die kind terug in die huis en het die deur vir die polisie oopgemaak. Shane Osborne, 45, die kind se pa, het aanfanklik gesê hy het nie ‘n wapen nie en die polisie het hom net gewaarsku om sy deur gesluit te hou maar, ‘n buurman het die beeldmateriaal aan die owerhede gewys. Hulle is toe terug en het bevind ‘n vriend van Osborne het die wapen in sy woonstel gelos. Die kind het hulle gewys waar dit is na hy gevra is waar hy die ‘pew pew’ gebêre het.