Amerikaanse inflasie behoort te daal met nuwe wetgewing

Amerikaanse inflasie het nie soveel verminder as wat verwag is in Augustus nie, met ‘n styging van 8,3 persent in die verbruikersprysindeks. Maar kenners meen dat daar binnekort ‘n moontlike afwaartse neiging kan wees met die Inflation Reduction-wetgewing wat nou bekragtig is. President Joe Biden sê dit is ‘n oorwinning vir Jan Alleman.