Facebook help met mensegte vergrype in Mianmar

Die hoof van ‘n ondersoekspan van die Verenigde Nasies oor Mianmar sê Facebook het miljoene items oorhandig wat bewerings van oorlogsmisdade en volksmoord kan ondersteun. Daar word berig Facebook sê hy het vrywillige, wettige blootleggings aan die VN-ondersoekers gemaak. Die inligting sal aan die regsowerhede verskaf word. VN-ondersoekers sê haatspraak wat op Facebook versprei is, het die geweld in Mianmar aangevuur.