Amerikaanse hooggeregshof lewer nog ‘n omstrede uitspraak

Die Amerikaanse hooggeregshof het beperkings opgelê op die federale regering se gesag om omvattende regulasies uit te reik om koolstofvrystellings van kragsentrales te verminder in ‘n uitspraak wat President Joe Biden se planne om klimaatsverandering aan te pak sal ondermyn. Die hof se 6-3-beslissing het die Omgewingsbeskermingsagentskap se gesag beperk om kweekhuisgasvrystellings van bestaande steenkool- en gasaangedrewe kragsentrales te reguleer.