Sonneblom- en mielieboere het kommer oor hoë reënval, swamsiekte

Uitdagings met voedselvoorsiening en -pryse blyk om geen einde vanjaar te hê nie. Sonneblom- en mielieboere in Suid-Afrika is bekommerd die voortdurende reën gaan ‘n uitwerking hê op hulle opbrengs tydens die oesseisoen. Volgens die hoofbestuurder van Graan SA, Pieter Taljaard, sal die ongewone nat winterweer die gehalte van die oeste nadelig raak. Taljaard voeg by sonneblomme loop nou ook deur onder ‘n swamsiekte: