Hamilton verwelkom FIA se erkenning oor menslike fout by Abu Dhabi

Die sewe-malige Formule Een-wêreldkampioen, Lewis Hamilton, sê die FIA se erkenning dat ‘n menslike fout betrokke was by die omstrede wen-beslissing by verlede jaar se Abu Dhabi Grand Prix is ‘n positiewe stap. Die sport se beheerliggaam sê ‘n menslike fout het daartoe gelei dat die wedrenreëls verkeerd toegepas is en veroorsaak het dat Red Bull se Max Verstappen die kampioenskap in die laaste ronde voor Hamilton se neus weggeraap het. Die FIA sê die destydse wedren-direkteur Michael Masi het in goeder trou opgetree. Hamilton sê hy het nie ‘n verskoning van die FIA verwag nie.