Amerikaanse firmas beloof N$17 miljoen aan Afrika-projekte

President Hage Geingob woon vandag die laaste dag van die VS-Afrika-leiersberaad in Washington DC waar Amerikaanse firmas miljarde Amerikaanse dollar aan projekte regoor Afrika beloof het. Hulle sal tot 17 miljard Namibiese dollar in al 54 Afrika-lande spandeer in ‘n poging om voetspoor- en tegnologie-platforms uit te brei oor die volgende vyf jaar. Van die geld sal na verwagting vir plaaslike strategiese vennootskappe met regerings, plaaslike finansiële instellings, selfoon-operateurs, finansiële tegnologie en handelaars gaan. Intussen het Geingob se vrou, Monica Geingos op uitnodiging van die Amerikaanse Presidentsvrou, Jill Biden, saam met eerste dames van Afrika ‘n byeenkoms oor ‘n kanker-program, #CancerMoonshot, bygewoon.