Koalisie verwyder DA uit Knysna-munisipaliteit

‘n Koalisie van opposisiepartye het ontslae geraak van die DA-geleide koalisieregering in die Knysna-munisipaliteit in die Wes-Kaap. Die ANC, die PA, die EFF en die PBI het ‘n mosie van wantroue teen die DA goedgekeur. Dion George van die DA sê die mosie het niks met dienslewering te doen nie, maar net met kleinlike eiebelang. Hy sê die koalisie is saamgeflans om te steel wat oorgebly het nadat die vorige ANC-regering die dorp geplunder het.