Amerikaanse ambassade in Namibië help 13 000 vroulike sekswerkers

Tussen April 2020 en Maart vanjaar het die Amerikaanse ambassade in Namibië se KP-STAR-program sowat 13 000 vroulike sekswerkers bereik, wat MIV-toetse en –voorkoming, en antiretrovirale terapie insluit. Die program identifiseer ook kinders wat saam met die sekswerkers woon en verskaf sielkundige hulp, maatskaplike welsyn en programme aan hulle. Die woordvoerder van die Amerikaanse ambassade in Namibië, Walter Parrs, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.