Comair se vlugte tot 31 Augustus op die grond

Comair sal die opskorting van geskeduleerde kulula.com en British Airways-vlugte verleng tot die 31ste van volgende maand. ‘n Woordvoerder sê die verbod op alle nie-noodsaaklike reise van en na Gauteng, sowel as min of geen vraag na sakereise nie, en die internasionale reisverbod het daartoe gelei dat Comair alle geskeduleerde vlugte vanaf die vyfde Julie tydelik opgeskort het. Die plan was om weer op die 30ste te begin. Comair sê hy het hierdie besluit geneem in die beste belang van werknemers en kliënte.