Tuberkulose-pasiënte bevrees oor haglike toestand van hospitaal

Tuberkulose-pasiënte in die Orsmond Tuberkulose-hospitaal in Uitenhage vrees nie weens die siekte waarteen hul veg vir hul lewe nie, eerder oor die haglike toestand van die hospitaal. Dit is volgens ‘n DA-lid in die wetgewer, Jane Cowley, wat byvoeg sy het onlangs ‘n toesigbesoek by die hospitaal afgelê. Volgens haar is sekere afdelings in ‘n baie slegte toestand en dit stel die pasiënte se gesondheid in gevaar.