Nuwe afsetpunt vir plaaslike boere geskep

Plaaslike jong boere gaan binnekort hul eie winkel hê waar hulle hul produkte kan verkoop. Die Youth in Agriculture beplan om hul eie “Agri-Marketing Enterprise”-winkel oop te maak wat ten volle deur jong boere besit word. Plaaslike produsente wat graag hul produkte by die winkel wil verkoop, word aangemoedig om te registreer. Die uitvoerende voorsitter van Youth in Agriculture Namibia, Ndatulumukwa Haikali, sê boere is welkom om aansoek te doen.