Amerika en Israel werk aan plan vir hulp aan Gaza

Amerika se minister van Buitelandse Sake, Antony Blinken, het ‘n ooreenkoms met Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, aangegaan om ‘n plan te ontwikkel om humanitêre hulp in Gaza toe te laat. Blinken is in Tel Aviv om met die Israeliese oorlogskabinet te vergader. Hy het Netanyahu gewaarsku indien hy weier om hulp toe te laat, sal Israel se weermag kritieke wêreldwye steun verloor in sy poging om Hamas uit te skakel. Die twee leiers het ‘n ooreenkoms aangegaan wat ontwerp sal wees om Hamas geensins te bevoordeel nie.