Ambassador-brug is oop

Windsor se burgemeester, Drew Dilkens, sê Kanada se ekonomiese krisis by die Ambassador-brug is afgeweer. Dit volg nadat die polisie betogers teen Covid-19-inentingsmandate verwyder en in hegtenis geneem het. Hulle het ook ander versperrings naby die brug, wat ‘n belangrike grenspos tussen die twee lande is, verwyder. Dilkens sê die Kanadese nasie glo aan vryheid van spraak en uitdrukking, maar is ook verbind tot die oppergesag van die reg. Hy sê onwettige optrede, versperrings en haatspraak moenie verdra word nie, maar veroordeel word.