Amarula Trust neem 12 woestynaangepaste olifante aan

Die Amarula Trust het 12 woestynaangepaste olifante in die suide van die Kunene-streek en noorde van die Erongo-streek aangeneem. Amarula Trust het ‘n kontrak met die bewaringsorganisasie Elephant Human Relations Aid, EHRA, gesluit om te verseker dat die geld wel vir olifantbewaring aangewend word. Rachel Harris, direkteur van EHRA, sê aan Kosmos 94.1 Nuus hulle is dankbaar vir Amarula Trust wat die olifante aangeneem het.