Skenk melk aan borsmelkbanke

Gauteng se LUR vir gesondheid, Nomathemba Mokgethi, het ‘n beroep op ma’s wat borsvoed gedoen om melk aan die provinsie se vier borsmelkbanke te skenk sodat vroeggebore babas voedsame kos kan kry. Wêreldborsvoedingweek word jaarliks van 1 tot 7 Augustus gevier. Die woordvoerder van die departement, Motalatale Modiba, sê hulle deel die verantwoordelikheid om borsvoeding te bevorder, te beskerm en te ondersteun om te verseker kinders kry die beste kans op lewe en gesondheid.