Dertig Covid-sterftes in twaalf distrikte

Die Namibiese gesondheidsministerie het 30 Covid-sterftes in twaalf distrikte aangekondig, asook 237 nuwe gevalle uit 1 921 toetsuitslae, wat ‘n positiewe koers van twaalf persent is. In die groep is 30 leerders, vier onderwysers, vyf studente en drie gesondheidswerkers. Daar is nou 20 177 aktiewe gevalle, waarvan 375 gehospitaliseer is en 72 in intensiewesorgeenhede. Die adjunk-minister, dr. Esther Muinjangue, gee die jongste Covid-syfers.