80% van Suid-Afrikaners wat onregverdig afgedank is, soek nie werk terug nie

Meer as 80 persent van werknemers in Suid-Afrika wat onregverdig afgedank is, verkies ‘n kontantskikking. Volgens die buurland se Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie word finansiële druk en gebroke verhoudings onder die redes genoem waarom die meeste werknemers dit vermy om terug te keer na hul werk. Kenners meen dit is weens sake wat op hersiening beland en dan jare neem om opgelos te word. Die Dynamic People’s Union of South Africa se woordvoerder, Mashudu Raphetha, sê die gevolge tref die werknemers baie swaar: