Altesaam 305 leerders toets positief vir Covid

Die Namibiese gesondheidsministerie het 2 547 nuwe Covid-gevalle uit 5 349 toetsuitslae aangekondig. In die groep is 305 leerders, waarvan 22 van die St. Boniface College op Rundu is, asook 30 studente, 28 gesondheidswerkers, en 24 onderwysers. Daar is 17 694 aktiewe sake, waarvan 537 pasiënte in hospitale is, met 91 in intensiewesorgeenhede. Altesaam 26 sterfgevalle is in nege distrikte aangemeld.