Motorgroep sal 12 000 Kaapse onderwysers na intentingsentrum vervoer

Die humanitêre organisasie, Gift of the Givers, sê toe hulle ‘n motorgroep nader om 12 000 onderwysers van 400 skole in Kaapstad na die Pinelands-inentingsentrum te vervoer, het die groep nie gehuiwer nie. Gift of the Givers se stigter, Imtiaz Sooliman, sê die Motus-groep het vroeër ook vyf voertuie geskenk om die organisasie se werk ligter te maak.