‘Almal is in Dubai’

Terwyl die Namibiese kabinet reeds in 2013 beslis het dat die invoer van skool uniforms uitgefaseer moet word en dat Namibiërs self die 700 000 wat jaarliks benodig word, sal vervaardig, het dit nog nie gebeur nie. ‘n Projek is in 2020 van stapel gestuur, in samewerking met die onderwysministerie om in twee jaar, die invoer van skool uniforms heeltemal uit te faseer. In Junie verlede jaar het die handel ministerie ‘n kenner in die gebied aangestel en die projek sou in Desember in die Kavango Oos-streek van stapel gestuur gewees het en 8 000 werksgeleenthede geskep het. Die woordvoerder van die ministerie Elijah Mukobonda kon geen terugvoering gee nie en het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê almal is in Dubai. Intussen het die Botswana regering aangekondig dat ‘n spesiale invoerpermit nodig is om skool uniforms in te voer en dat dit aan streng voorwaardes onderhewig is. Uniforms moet plaaslik vervaardig word.