N$92m vir wildlewe konflik en -misdaad

Die VN se Ontwikkelingsprogram het 92 miljoen Namibiese dollar aan die Namibiese regering geskenk om wildlewe misdaad en konflik met wilde diere te bestuur. Die fondse sal aangewend word in ‘n vyf-jaar projek wat ook aspekte van klimaatsverandering en ander uitdagings met die omgewing sal aanspreek. Die projek poog ook om die naasbestaan van diere en mense te bevorder. Die projek teiken ook die doelwitte van die vyfde Nasionale Ontwikkelingsplan. Volgens die omgewingsministerie het stropery effe afgeneem in die 2020-2021 finansiële jaar met 14 renosters wat gestroop is teenoor 33 in die vorige jaar en 54 in die jaar voor dit.