‘Dis ‘n goeie dag om ‘n Namibiër te wees’

Reaksie word ontvang op die beslissing van regter Thomas Masuku dat die seun van die Namibiër Phillip Lühl en sy eggenoot Guillermo Delgado, Yona, Namibiese burgerskap toegeken moet word. Omar van Reenen die stigter van die Namibian Equal Rights-beweging sê dit voel vandag goed om ‘n Namibiër te wees.