Alliansie vir groen infrastruktuur vir Afrika beplan

Die Afrika Ontwikkelingsbankgroep en Africa50, in vennootskap met die Afrika Unie-kommissie en die Afrika Unie-ontwikkelingsagentskap, ondersoek die moontlikheid om met internasionale vennote saam te werk om ‘n alliansie vir groen infrastruktuur in Afrika te vorm. Die president van die Afrika-ontwikkelingsbankgroep, Akinwumi Adesina, het dié aankondiging gedoen tydens ‘n gesprek oor klimaatsverandering en energie-oorgang in Brussel, België. Adesina sê klimaatsverandering verwoes steeds Afrika se ekonomieë en die lewensbestaan van sy mense, ten spyte van die vasteland se minimale bydrae tot kweekhuisgasvrystellings.