Stadspolisie arresteer dronk taxibestuurder wat teen lamppaal bots

Die Windhoekse stadspolisie het die verdagtes in hegtenis geneem wat in ‘n wit Volkswagen Polo-taxi inwoners van die hoofstad die afgelope paar weke geteister en van hul besittings beroof het. Patrollie-beamptes van die stadspolisie het die voertuig by die Goreangab-waterfront opgemerk, waarna dit weggejaag en ‘n lamppaal getref het. Volgens die stadspolisie was die bestuurder van die voertuig onder die invloed van alkohol toe hy in hegtenis geneem is. Drie verskillende nommerplate is ook in die voertuig gevind en verskeie klagte is aanhangig gemaak.