Alles sal weer grondwetlik word – Burkina Faso-weermag

Die nuwe militêre leier van Burkina Faso, Paul-Henri Damiba, het beloof om terug te keer na ‘n normale grondwetlike orde wanneer die toestande reg is. Hy het ‘n beroep op die internasionale gemeenskap gedoen om die land te ondersteun om uit die krisis te kom en sy ontwikkeling te hervat. Damiba het Maandag ‘n rebellie gelei wat president Roch Kaboré uit die kussings gelig het. Hy het die president die skuld gegee vir die versuim om die geweld van Islamitiese militante te beperk. Intussen het Ecowas die land se lidmaatskap opgehef, maar geen sanksies ingestel nie.