Versekering die grootste sondebok – Namfisa

Die Namibië finansiële toesighoudende-owerheid, bekend as Namfisa, sê daar was ‘n toename van 34 persent in klagtes van verbruikers in die derde kwartaal van 2021. Dit was egter 18,4 persent minder as in dieselfde tydperk verlede jaar. Die owerheid sê 98,6 persent is in verband met mikrolenings- en kredietooreenkomste, langtermynversekering, korttermynversekering en die aftreefondssektore. Ongeveer 77 persent van die totale klagtes wat ontvang is, is opgelos. Berigte luit dat die oplossing van klagtes het daartoe gelei dat verbruikers meer as 1,8 miljoen Namibiese dollar ontvang het van finansiële instellings, met versekeringsmaatskappye wat die vernaamste skuldiges was. Aftreefondse, korttermynversekering en langtermyn versekeringsektore het sowat 97 persent van daardie totale bedrag uitgemaak.