Alles is gereed vir wapenamnestie, Kawana moet net verklaar

Die hoof van die Namibiese polisie, luitenant-generaal Sebastian Ndeitunga het die minister van veiligheid en sekuriteit, dr. Albert Kawana daaraan herinner dat alles reeds in plek is vir die volgende amnestie-periode vir vuurwapens en ammunisie. Hy sê dit is reeds in die staatskoerant gepubliseer en al wat oorbly is vir Kawana om dit aan te kondig. Daar is kommer oor toenemende gewapende misdaad in die land en amnestie is in die verlede baie suksesvol gebruik om onwettige wapens van die straat af te kry.