WGO sê aappokke moet spesifieke ingrypings kry

Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê meer as 18 000 gevalle van aappokke is nou in 78 lande aangemeld. Hiervan is meer as 70 persent in die Europese streek en 25 persent in die Amerikas. Wêreldwyd is vyf sterftes tot dusver aangemeld. Die VN-agentskap het die toenemende uitbrekings in verskillende lande as ‘n globale noodgeval verklaar. Die WGO se direkteur-generaal, Tedros Adhanom Ghebreyesus, sê die stigma en diskriminasie kan net so gevaarlik wees soos enige virus en kan die uitbreking vererger. Hy sê die uitbreking kan beheer word.