Alles in landbou kom volgende week onder die loep in hoofstad

Die Namibiese Landbou Unie nooi almal uit na hulle langverwagte Landbouvooruitskouingskonferensie wat volgende week Woensdag in die hoofstad plaasvind. Die NLU se susterunies, die NNFU, NECFU en die PDNFU sal ook teenwoordig wees. Tanja Dahl, skakelbeampte by die unie sê selfs mentorskap sal onder die loep kom.