Gondongwana moet ondersoek word na teistering aantygings – drukgroep

Die Suid-Afrikaanse drukgroep, Wise Collective, het die Nasionale Vervolgingsgesag se weiering om die finansminister, Enoch Godongwana, weens seksuele aanranding te ondersoek, gekritiseer. Die NVG sê die besluit is geneem na deeglike oorweging van die bewyse, asook oorweging van die klaer se weiering om voort te gaan met die saak. Die minister is daarvan beskuldig dat hy ‘n masseuse seksueel aangerand het terwyl hy met vakansie in die Krugerwildtuin was. Godongwana ontken die bewerings. Die Wise Collective sê dit gaan die land se stryd teen geslagsgeweld benadeel.