Eksperimentele entstof vir Sudan-variant van Ebola

Die Serum Instituut van Indië beplan om 20 000 tot 30 000 dosisse van ‘n eksperimentele Ebola-entstof teen einde November te vervaardig vir gebruik in proewe teen ‘n uitbreking van die dodelike Sudan-stam van die virus in Uganda. Daar is tans geen entstof vir die stam nie. Daar is tot dusver 54 bevestigde gevalle en 19 sterftes en die eerste geval in die hoofstad, Kampala, is verlede week aangeteken. Gesondheidsowerhede glo dat die werklike getalle hoër kan wees. Entstowwe teen die meer algemene Zaïre-stam van Ebola was doeltreffend tydens uitbrekings in die DRK. Oxford Universiteit se Jenner-instituut, wat ‘n Covid-entstof saam met AstraZeneca ontwikkel het, het ‘n Ebola-entstof wat toon het dat daar ‘n immuunreaksie op beide die Sudan- en Zaïre-stamme in Fase een-proewe was.