VSA vat Presidentsbeker

Span Amerika het sy 12de Presidentsbeker by die Quail Hollow-klub gewen met ‘n oorwinning van 17,5 teenoor 12,5 teen die internasionale span om die negende agtereenvolgende keer met die beker weg te stap. Nadat Jordan Spieth, Patrick Cantlay en Tony Finau gister die eerste drie volle enkel-oorwinnings vir Span Amerika behaal het, het Sam Burns nog ‘n halwe punt bygedra deur gelykop te eindig teen Hideki Matsuyama, terwyl Xander Schauffele die wenpunt behaal het deur met Corey Conners af te reken. Amerika se kaptein, Davis Love, sê dit was ‘n goeie spanpoging: