Mariental-bouers moet aantree

Die Munisipaliteit van Mariental beplan om 56 Build Together-huise te bou en doen ‘n beroep op alle konstruksie maatskappye op die dorp om ‘n vergadering in die verband by te woon. Die Build Together-program staan lae-inkomste families by om huise te bekom. Linus Sinvula, van Mariental se Ekonomiese Ontwikkelingsdepartement sê plaaslike maatskappye moet bevorder word.