Alle oë op Uganda … druk vir jonger aanstellings neem toe

Daar is groot afwagting vir die aanstelling van die Ugandese President Yoweri Museveni se nuwe kabinet nadat hy ‘n sesde termyn in die afgelope verkiesing in daardie land ontvang het. Daar is hoop dat hy ‘n jonger kabinet sal aanstel met van sy kamerade wat reeds diep in hulle sewentigs is en toenemende druk van jonger lede van die politieke spektrum in die land. Daar is regoor Afrika meer druk op regerings om jong mense aan te stel in regeringsposte. Die Woordvoerder van die Onafhanklike Patriotte vir Verandering, die IPC, Imms Nashinge stem saam en meen dit is ook plaaslik die tendens…