2021 kan aarde baie vinniger verwarm en dis hoekom…

Die internasionale energieagentskap waarsku dat namate die wêreldekonomie herstel na die Covid-19 pandemie, koolstofdioksiedvrystellings dwarsoor die wêreld vanjaar gevaarlike vlakke sal bereik. In ‘n pas uitgereikte verslag skat die agentskap dat koolstofvrystellings weens energieverbruik in 2021 tot 1,5 miljard ton sal styg. Dit sal die tweede grootste jaarlikse toename in energie-verwante vrystellings ooit wees. Die Amerikaanse President, Joe Biden, bied Donderdag ‘n virtuele beraad aan met 40 wêreldleiers om dringende planne te beraam om die klimaatkrisis te beperk. Lande soos Namibië wat staatmaak op landbou het groot uitdagings met die impak van klimaatsverandering al dra hulle nie by aan die globale probleem nie.