Groot kommer oor besoedeling in Vaalrivier

Die VF Plus-party in Suid-Afrika het ʼn strafregtelike klag ingedien teen die minister van water en sanitasie, Senzo Mchunu, weens die oortreding van die Nasionale Waterwet en die Nasionale Omgewingsbestuurswet. Die klag volg op die besoedeling van die Vaalrivier deur riool wat vanuit stukkende pompstasies die rivier binnestroom. Die bekende Suid-Afrikaanse Limnoloog, Mariette Liefferink sê die besoedeling is van groot kommer.