Namibiese owerhede sal eSwatini bystaan met vliegtuigongeluk-ondersoek

Die Namibiese direktoraat van vliegtuig-ongelukke het bevestig dat die Namibiese vluginstrukteur van Heliworx Aviation Namibia in Swakopmund, Gary Fox, dood is in ‘n vliegtuigongeluk in eSwatini. Fox was baie bekend in die Namibiese lugvaartbedryf. Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en ‘n ondersoek is geloods deur owerhede in eSwatini, maar Namibië sal die ondersoek bystaan. Magnus Abraham, direkteur van die direktoraat het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…