Algemene Vergadering ontmoet, Geingob kuier saam

Die VN se Algemene Vergadering vergader weer in-persoon, na die ontwrigting weens die pandemie, maar in ‘n wêreld waar krisisse soos voorheen hoogty vier. Die oorlog in die Oekraïne plaas die Weste teenoor Rusland. Sowat 150 wêreldleiers, insluitende President Hage Geingob, sal in New York byeen kom vir ‘n week van diplomasie met die verwagting dat almal wat ‘n spreekbeurt wil hê, daar teenwoordig moet wees. Die enigste uitsondering is die Oekraïense President Volodymyr Zelensky wat hom op die stryd teen die Russiese indringers toespits. Die sekretaris-generaal van die VN, Antonio Guterres sê verdeeldheid in die wêreld was laas so groot tydens die Koue Oorlog.