Inwoners van Jagersfontein wil mynmaatskappy dagvaar

Die Kopanong-munisipaliteit en inwoners van Jagersfontein in die Vrystaat sê hulle oorweeg om die bestuur van Jagersfontein Developments te dagvaar. Dit volg nadat die myndamwal Sondag gebars en skade aan infrastruktuur aangerig het. Die mynbestuur word beskuldig dat hulle nie redelike veiligheidsmaatreëls getref het nie. Die Departement van Water en Sanitasie sê in sy ondersoek na die probleme by die diamantmyn het hy verskeie oortredings van die regulasies van die waterlisensie teëgekom. Volgens die departement het die inspeksie aan die lig gebring daar is ‘n teenstrydigheid by die wateronttrekking-vloeimeter.